NAVO beskou terrorisme nie ernstig

Die Europese Unie en NAVO beskou terrorisme nie as ʼn ernstige bedreiging nie.

Volgens die afgetrede vierster generaal, Jack Keane, ontbreek die nodige politieke wil en morele moed by sommige EU leiers om die waarheid raak te sien en hulle mense in te lig.

Die oop grense binne die EU bevorder terroriste se werksaamhede en die EU se multikultuur-beleid is ʼn mislukking. By vele leiers ontbreek die morele moed om terrorisme effektief vas te vat.

Terrorisme moet met mening uitgewis word op elke gebied waar hulle ʼn veilige tuiste probeer skep om lede te werf, op te lei en te beplan. Die wil om betyds op te tree word nie met die nodige erns gedoen nie.