Minister sien die lig

Die minister van energie, Mmamoloko Kubayi, het tydens ‘n energie “imbizo” skielik die lig gesien en gemeld  dat onwettige elektrisiteitskoppeling ‘n groot probleem is regdeur die land.

Sy het huiseienaars gewaarsku om niemand toe te laat om aansluitings vanuit hul huise te doen nie.  Sy waarsku dat ‘n persoon wat skuldig bevind sou word aan onwettige krag koppeling, tot 10 jaar tronkstraf opgelê kan word.

Hierdie praktyk duur die afgelope 20 jaar egter voort sonder enige merkbare optredes daarteen. Die minister het nie gemeld waar daar plek gevind sal word om al die oortreders te huisves indien hul skuldig bevind sou word nie, en tot dusver is daar nog geen groot gewag gemaak van enige skuldigbevindings in die verband nie.

Foto: Mmamoloko Kubayi