Merkel slaan bollemakiesie oor Brexit

Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland het skielik belowe dat Brittanje ’n billike behandeling sal kry van die Europese Unie nadat die land finaal uitgetree het as lid.

Onderhandelinge tussen die Europese Unie en Brittanje is geskeduleer vir Junie, en kanselier Merkel het vroeër gesê Brittanje moet geen gunste verwag ten koste van EU-lidlande nie.

Die vermoede bestaan dat Merkel haar woorde beter kies nadat die moontlikheid geopper is dat Brittanje kan besluit om geen rekening van die EU te vereffen nie.

Merkel het ook per geleentheid saamgestem dat die EU nie met Brittanje kan onderhandel alvorens die rekening nie betaal is nie, maar eerste minister Theresa May het dadelik daarop gereageer dat sy nie ’n blanko getekende tjek sal gee nie, en daarom sal onderhandelinge eers volledig plaasvind.

Waarnemers meen premier May het die eerste rondte in Brittanje se guns beklink, en kan moontlik die troefkaart vashou oor betalings en voorwaardes daarvan.

Die Europese Unie is erg bekommerd oor Brittanje moontlik gaan weier dat EU lande steeds vrylik in en uit Brittanje kan beweeg soos tans toegelaat word.

Foto – Kanselier Angela Merkel