Masedoniërs hou vuisgeveg in parlement

Die polisie van Masedonië moes handgranate gereed hou omdat sowat 200 protesteerders beswaar aangeteken het teen die verkiesing van ’n Albaniese lid as parlementêre speaker.

Die geveg tussen die klomp het so hewig geword dat verskeie parlementslede met bebloede gesigte en klere daarvan afgekom het voordat die polisie tussenbeide kon tree.

Die protesteerders het met gevegte hulle pad oop gestry tot in die Laer Huis van die parlement om hulle teenkanting bekend te maak.

Die protesteerders, wat klaarblyklik almal ondersteuners is van die konserwatiewe party, het met vlae en die sing van die volkslied hulle weg gebaan tot in die parlement.

Die leier van die Sosialiste is met ’n swaar voorwerp geslaan deur ’n persoon wat gemasker was.

Minstens tien mense is later in die hospitaal opgeneem vir behandeling van hulle beserings, waarvan drie behoort aan die Sosialiste Party en lede van die Albaniese bevolking is.

Die onrus tussen die twee faksies is sodanig dat politici bekommerd raak dat ’n burgeroorlog kan uitbreek, wat vir geeneen voordelig sal wees nie.