Marion-Maréchal Le Pen verlaat die politiek

Marion-Maréchal Le Pen, die niggie van Marine Le Pen, het aangekondig dat sy uit die politiek tree en ook haar amp as parlementslid bedank.

Sy is die jongste persoon wat tot die Franse parlement verkies is toe sy in Junie 2012 tydens die verkiesing op 22 jarige ouderdom gekies is as verteenwoordiger van Front Nasionaal.

Sy verlaat die politieke arena om persoonlike redes en het gedurende verlede jaar reeds aangedui dat sy vanjaar gaan uittree.

Marion-Maréchal Le Pen het nie aangedui wat haar toekomsplanne is nie, maar die vermoede bestaan dat sy haar studies in besigheidsregte wil voltooi.

Foto – Marion-Maréchal Le Pen