Manuel veroordeel Eskom optrede

 

Daar is geen manier dat die Eskom besluit om R30 miljoen aan pensioen te betaal, geregverdig kan word nie.

Dit is die mening van die voormalige Minister van Finansies in die ANC regime, Trevor Manuel.

Hy het gesê die Eskom direkteure het klaaglik gefaal in hulle plig deur Brian Molefe weer as Hoof van die maatskappy aan te stel.

Manuel het afgevaardigdes toegespreek tydens die Etiese Instituut se sewende konferensie waartydens die Eskom debakel bespreek is.

Tydens die bespreking het die betrokke minister, Lynne Brown, ook in die spervuur beland oor haar beslissing sowel as Molefe wat in omstredenheid gehul is.

Hy sê die gebeure by Eskom dui op die geweldige uitdagings wat Suid-Afrika het om etiese afwykings reg te stel.

Foto – Brian Molefe