Macron in onguns by Russe

Rusland het woedend gereageer op die besluit van die Franse presidentskandidaat, Emmanuel Macron, om die Russiese TV, Russia Today, en die persagentskap Spoetniek te verbied by sy verkiesingsbyeenkoms

Macron het gesê die Russe wil teenwoordig wees, maar kan nie toegelaat word nie omdat hulle Russiese “staatspropaganda” versprei.

Macron is ’n oortuigde aanhanger van die Europese Unie, wat te staan kom teen die nasionalis, Marine Le Pen, in die Franse presidentsverkiesing se tweede en finale rondte.

Die Russiese minister van buitelandse sake het die beletsel deur Macron as ’n “skandaal” bestempel en ’n Russiese woordvoerder, Maria Zacharova, het gesê dit is ’n doelbewuste diskriminasie teen die Russiese media terwyl Frankryk altyd hoog opgegee het dat hulle ’n toonbeeld van media vryheid is.

Macron se verkiesingspersoneel hou egter vol dat die Russiese media stelselmatig en doelbewus leuens verkondig om hom as kandidaat in die presidentsverkiesing te benadeel.

In Februarie het die TV kanaal glo beweer dat Macron ’n homoseksuele is, en getroud is met ’n vrou wat twintig jaar ouer is as hy.

Macron se woordvoerders meen die Russe wil sien dat Marine Le Pen die verkiesing wen, maar verswyg die feit dat die uiters liberale Sosialiste besluit het om Macron te steun in die tweede rondte.

Foto – Emmanuel Macron