Konserwatiewes verwag klinkende oorwinning

Die Konserwatiewe Party in Brittanje gaan waarskynlik een van sy grootste oorwinnings behaal op 8 Junie wanneer die Verenigde Koninkryk se kiesers hulle na die stembus wend in ’n vervroegde algemene verkiesing.

In die jongste meningspeiling het die eerste minister, Theresa May, die steun van sowat 46% van die kiesers terwyl die linkse Arbeiders Party kwalik 34% sal kry.

Vroeër is berig dat die Arbeiders slegs 24% steun het, terwyl die nasionalistiese UKIP glo nie meer as 5% steun het nie, en die verlinkse Liberaal Sosialiste kan 8% steun verwag.

Die peiling is gedoen na die Manchester bomaanval op jeugdige konsertgangers wat die linkse Arbeiders blykbaar bevoordeel aangesien hulle die voorval vir politieke gewin gebruik.

Foto – Premier Theresa May