Koalisie weermag dood talle burgerlikes

Die Koalisie weermag onder leiding van Amerika het met lugaanvalle teen terroriste vestings van die Islamitiese Staat, minstens 35 burgerlikes gedood.

Die lugaanvalle wat uitgevoer is in die oostelike streke van Sirië het klaarblyklik skeefgeloop en is missiele afgevuur wat burgerlikes se wonings saam met die inwoners vernietig het.

’n Organisasie vir menseregte in Sirië het die voorval bekend gemaak en gesê die missiel aanval is in die stad al-Mayadeen uitgevoer waar Islamitiese Staat terroriste in beheer is.

Die burgerlikes wat gedood is, is blykbaar familielede van die Islamitiese Staat se vegters wat ook in die stad woonagtig is.

Volgens die menseregte organisasie was April die mees bloedige maand van die jaar met meer as 225 burgerlikes wat omgekom het.

Die Pentagon het Vrydag bevestig dat die bombardeer van IS vestings talle burgerlikes gedood is, en dat minstens 105 burgerlikes in die Irakse stad Mosoel omgekom het in lugaanvalle.