Kandidaat skaar hom by Le Pen

Die Franse presidentskandidaat wat in die eerste rondte uitgeskakel is, en 4,7% van die stemme getrek het, kondig aan dat hy hom skaar by Front Nasionaal se Marine Le Pen in die verkiesing van 7 Mei.

Nicolas Dupont-Aignan het sy ondersteuners aangemoedig om vir Le Pen te stem, en het bekend gemaak dat ’n ooreenkoms met Front Nasionaal bereik is wat hom ’n pos as eerste minister in haar kabinet sal besorg.

Nicolas Dupont-Aignan, die presidentskandidaat van die behoudende Standing France het besluit om sy gewig saam met sy ondersteuners by Front Nasionaal in te gooi, met die vooruitsig om ’n ministerspos te kry indien Marine Le Pen die tweede rondte sou wen.

Waarnemers meen dit het ’n verandering teweeggebring in die stand van sake, veral omdat die Republikeine en selfs die sosialis, Jean-Luc Mélenchon, geweier het om Emmanuel Macron te steun.

Aanvanklik is aangedui dat Macron die verkiesing met 64% van die stemme sou wen, maar later is aangekondig dat die peilings nou toon dat hy kwalik 58% sou kry.

Die jongste verwikkelinge het nog nie in peilings ’n uitwerking nie, en die verkiesing van 7 Mei is kort om die draai.

Foto – Nicolas Dupont-Aignan