Jeff Radebe in moontlike seks-twitter skandaal

Jeff Radebe, die minister in die presidensie, het na bewering ‘n aansienlik jonger personeellid versoek om foto’s vir hom te stuur van haar privaat dele.

Die bewerings is deur ‘n Sondagkoerant gemaak wat beweer hulle weet waarvan hulle praat.

Volgens die berig is Radebe sedert 2014 met SMS’e betrokke by die 29-jarige lid van sy kantoor.  Die personeellid het, nadat die versoeke baie persoonlik geraak het, geweier om verder met Radebe te kommunikeer en haar na die media gewend met klagtes van seksuele teistering.

Sy is intussen geskors hangende ‘n ondersoek oor beweerde “uitlokkende” gedrag en kleredrag voor Cyril Ramaphosa en Jacob Zuma.

Twitter het die naweek ‘n besige dag gehad met satiriese kommentaar oor die minister en sy smake.