IVP gee ANC bloedneus in Natal

Tydens ‘n munisipale tussenverkiesing in Natal, het die IVP skoonskip gemaak en die ANC met ‘n politieke bloedneus gegee, nogal in Jacob en Nkosazana Dlamini-Zuma se hartland.

In Nquthu het die IVP 14 van die 17 wyksetels verower, terwyl die ANC tevrede moes wees met ‘n vernederende drie setels.

‘n Volledige verkiesing het in Nquthu plaasgevind nadat die raad in Februarie ontbind het omdat hulle nie ‘n burgemeester, speaker en munisipale bestuurder aangestel kon kry nie.

Uiteindelik het die Onafhanklike Verkiesingskommissie aangekondig dat die IVP nou 19 setels in die munisipaliteit het, die ANC 11, terwyl die DA, EFF en NFP elk een setel het.

Tydens die IVP se feesvieringe oor die oorwinning, het hulle ‘n doodskis deur die strate gedra met die ANC en die NFP se vlae daarop.