Islamitiese Staat wil vernietigend optree

Kort voor die Moslems se “Ramadan” begin, het die Islamitiese Staat (IS) terroriste sy vegters opgeroep tot ’n “alles vernietigende oorlog teen die ongelowiges” van die Westerse wêreld.

Westerse lande het reeds begin om hul veiligheidsmaatreëls op te skerp aangesien die bloedige terreur van verlede jaar nog steeds in die geheue vasgelê is.

In Europa en Brittanje is regerings gereed om die tydperk van Ramadan
wat Vrydag begin, tegemoet te gaan ter beveiliging van onskuldige mense.

Kenners meen die verwoestende aanval in Manchester en twee dae later in Swede, is die voorteken dat die terroriste nog steeds met verraderlike aanvalle die dood van baie mense kan veroorsaak.

In ’n video wat aan IS vegters gestuur is, en wat ook op die sosiale netwerk vertoon is, word die vegters opgeroep om in strate, op markpleine en by saamtrek geleenthede hulle slagting voort te sit wat vernietigend moet wees.