Iranse president wen verkiesing oortuigend

Die huidige president van Iran,  Hassan Rouhani, het die presidentsverkiesing oortuigend gewen, het ’n amptelike bron aan Reuters gesê.

Alhoewel al die stemme met die ter perse gaan van die berig, nog nie getel is nie, was die president se voorsprong reeds te groot om ingehaal te word.

Slegs vier miljoen stemme moes nog getel word, en het president Rouhani reeds voorgeloop met 22 miljoen stemme teenoor 14 miljoen van sy opponent.

Die Departement van Binnelandse Sake in Iran het verklaar dat meer as 40 miljoen kiesers vanjaar hulle stem uitgebring het, wat ’n stempersentasie van meer as 70% verteenwoordig..

Die stempersentasie vergelyk goed met die vorige presidentsverkiesing toe 71% van die kiesers gestem het.

Foto – President Hassan Rouhani