Honderde terroriste gedood in 90 dae

Spesiale eenhede van die Amerikaanse weermag het glo saam met Afgaanse regeringsoldate sedert Maartmaand, meer as 750 terroriste van die Islamitiese Staat (IS) gedood.

Met die reuse bom wat afgeskiet is en die ontsnap tonnels van die terroriste vernietig het, is ’n onbekende aantal terroriste dood, en is baie terroriste in grotte vasgekeer wat weens ’n tekort aan suurstof en lewensmiddele gedood is.

Die terroriste se logistieke netwerk is ook verwoes, wat van die oorblywende vegters ’n makliker teiken gemaak het.

In Afghanistan het die terroriste sowat tweederde van hulle gebied verloor wat hulle tot nou toe beheer het, en hul infrastruktuur het byna geheel en al in duie gestort.

Alhoewel die IS terroriste se mag byna vernietig is in Afghanistan, veg regeringsoldate nog teen die Taliban beweging wat selfs meer radikaal is as die Islamitiese Staat.

Die VSA het onder Barack Obama se bevel, ’n jaar lank die stryd in Afghanistan gevoer sonder om noemenswaardige sukses te behaal, maar sedert die Trump-administrasie se bewind het die terroriste swaar verliese gely.