Guptas trek in Kaapse huis in

Die Guptas is soos hulle boesemvriend, Jacob Zuma, besig om ander blyplek te kry. Waar Zuma kyk na ‘n “tweede tuiste” in die ooste, waarskynlik om moontlike vervolging te ontsnap, kyk die Guptas na ‘n nuwe verblyf in Suid-Afrika.

Na bewering het die Guptas in ‘n Kaapse “paleis” ingetrek wat voorheen aan Mark Thatcher, die seun van Margaret Thatcher, behoort het.  Skynbaar is die plan om die huis in Constantia te herbou met dubbelverdieping slaapvertrekke en ‘n luukse onthaal area.

Die inwoners van die omgewing is bang dat dit sal ontaard in ‘n tweede Saxonworld kompleks soos in Johannesburg,  wat nie ‘n residensiële woning is nie.

Die eiendom is teen R17 miljoen aangekoop in 2015.