Grootste sirkus ooit laat gordyn sak

Die wêreldbekende Ringling Bros. met hul Barnum & Bailey Circus het ’n  laaste vertoning gelewer en daarmee ’n gordyn laat sak na 146 jaar se vertonings in Amerika.

Die onderneming se gewildheid het afgeneem sedert protesteerders beswaar gemaak het teen die behandeling wat die diere van die sirkus kry.

Aan die einde van die finale vertoning, wat die afgelope Sondagaand gelewer is, het die ring bestuurder, Johnathan Leë Iverson, die volgepakte vertoonlokaal se toeskouers vir oulaas beïndruk toe hy met die akrobate en diere op emosionele wyse afskeid geneem het.

Benewens die negatiewe invloed wat deur protesteerders veroorsaak is het die bedryfskoste ook die sirkusbase laat besef dat die tyd aangebreek het om die gordyn te laat sak.

Meer as 250 miljoen mense het Ringling se vertonings gesien in die 40 jaar wat hulle die sirkus besit het wat toe reeds meer as ’n 100 jaar in bedryf was.

Die eienaars sê hulle sal moontlik met ’n nuwe aanslag moet begin, maar die liefde vir ’n sirkus vertoning sal nooit sterf nie.

Die laaste vertoning, wat bekend gestaan het as “Buite hierdie wêreld” is in Uniondale, New York gehou.

’n Afdeling van die maatskappy sal egter voortgaan met ander produksies waarvan Frozen on Ice, Marvel Live en Disney on Ice die gewildste is.