Franse linkses vorm ongeskrewe koalisie

Die sosialistiese Franse president, Emmanuel Macron, is besig met ’n fyn spel van misleiding om die Franse kiesers se steun te kry vir die komende algemene verkiesing.

Aanvanklik het dit voorgekom asof president Macron erns het om Frankryk te heel van sy verdeeldheid, maar nou het nuwe feite aan die lig gekom wat kiesers laat wonder wat hulle te doen staan in die Junie verkiesing.

In die media word dit hoog opgegee dat minstens 50 kiesafdelings geen kandidate het van die president se politieke party nie, maar kenners wys daarop dat dit goeie voetwerk is, aangesien Sosialiste wel kandidate gestel het in die kiesafdelings.

Macron het almal verwar toe hy minstens twee konserwatiewe ministers aangestel het, en daarmee die indruk geskep dat sy “veelparty” kabinet bedoel is om Frankryk se verdeeldheid uit die weg te ruim.

Politieke ontleders wys daarop dat die linkse politici in Frankryk reeds tydens die veldtog om ’n president aan te wys, beplan het hoe te werk gegaan sal word om die nasionalistiese Marine Le Pen uit die president stoel te hou.

Een deel van die strategie is om ook nie mekaar te opponeer in kiesafdelings wat moontlik deur Le Pen se Front Nasionaal gewen kan word nie.

Met so ’n strategie kan die Sosialiste en Republikeine daarin slaag om Front Nasionaal uit te skakel as die grootste en amptelike opposisie party.

Foto – President Emmanuel Macron