Frankryk sukkel om veranderings te aanvaar

Die Franse kiesers sukkel om die nuwe wending in die land se politieke bestel te aanvaar en hulleself daarin te posisioneer.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder wat daarop wys dat Emmanuel Macron binne enkele maande ’n politieke beweging gestig het en wat daarin geslaag het om die linkse kiesers agter hom te skaar wat hom die land se president gemaak het.

Hierteenoor sukkel die behoudende Franse kiesers om afstand te doen van die Republikeinse party van Francois Fillon, en hulle te skaar by Marine Le Pen se Front Nasionaal.

Macron het sy politieke beweging, En Marche, kort na sy verkiesing as president, omgeskakel na ’n politieke party met die naam La République en marche.

Marine Le Pen het enkele dae tevore gesê sy oorweeg dit om Front Nasionaal se naam te verander om meer “eg Frans” te wees wat tot die Franse kiesers sal spreek.

Waarnemers meen ook die Franse kleef nog aan die Sosialiste en Republikeinse partye, terwyl Macron ’n mengsel is wat die Sosialiste se strewes tot uitvoer sal bring.

Die konserwatiewe Republikeine behoort die party se bestaan uit te wis deur aansluiting te vind by die veranderde omstandighede in die partypolitiek en by Le Pen hulle kragte in te gooi met die oog op ’n sterk Front Nasionaal as hoof opposisieparty in die parlement.

Die komende parlementêre verkiesing bied ’n gulde geleentheid om die kopskuif te maak, maar die feit is dat die bedorwe en blanko stembriewe wat deur 30% van die kiesers in die stembusse laat kom het, toon dat so ’n verandering nie deel van die kiesers se planne is nie.

Emmanuel Macron het as sosialis tog ’n deel van die Sosialiste Party se beleid behou, maar ook dele van die Republikeine sy eie gemaak, en daarmee die kiesers verwar, wat uiteindelik tot wantroue gelei het.

Marine Le Pen het ook enkele beleidsveranderings aangekondig toe die druk vlak voor die verkiesing te hoog geword het, en daarom moet sy eerder daarmee gewag het tot sy die party se naam verander het.

Foto  – Emmanuel Macron