Eers verniel Muthambi uitsaaier, nou staatsdiens

Nadat sy as minister van kommunikasie ‘n algehele mislukking was en die openbare uitsaaier by herhaling in krisisse gedompel het, is Faith Muthambi nou as minister van staatsdiens en administrasie besig om haar eie rekord te breek en haar eie koninkryk te skep.

Sy het ‘n registrasieklerk bevorder tot adjunkdirekteur, en daarmee Sello Maumela se jaarlikse salaris laat spring van R231 084 tot R612 014. ‘n Ander adjunkdirekteur is deur haar aangestel teen R726 175 per jaar, terwyl sy skynbaar aanstellingsprosedures oortree, en hoër salarisse toegeken as wat die posvlakke toelaat.

Sy het ook twee sogenaamde imbizo’s gehou, wat maar liefs R1,8 miljoen gekos het.