E-Tol se laaste stuiptrekkings

Ook Cosatu het by die koor aangesluit wat sê dat alle skuld van motoriste rondom die E-Tol stelsel afgeskryf moet word.

Volgens Cosatu moet openbare paaie deur die plaaslike regering befonds word en nie deur “onderduimse” metodes soos die E-Tol stelsel nie.

Wayne Duvenhage van OUTA het in ‘n verklaring gesê dat geen motoris nog skuldig bevind is vir die nie-betaling van van E-Tol rekeninge nie en dit toon dat die stelsel gedoem is.