Dodetal styg na Manchester slagting

’n Britse polisie woordvoerder het gister bevestig dat die terroriste aanval by ’n konsertsaal in Manchester die lewens van 22 mense geëis het, terwyl meer as 60 ander ernstige beserings opgedoen het.

Die bloedbad is veroorsaak toe twee bomme tydens ’n konsert in die Ariana Grande in Manchester stad ontplof het .

Die polisie meen die terreurdaad is waarskynlik deur een terroris uitgevoer wat talle mense se lewens beïnvloed het.

Vroeër is berig dat 19 mense omgekom het, maar intussen het nog drie mense beswyk wat ernstige beserings opgedoen het.

Britse politici het onmiddellik hul verkiesingsveldtog tydelik opgeskort uit meegevoel vir die slagoffers se naasbestaandes.

Intussen het meer as 21 miljoen mense op die sosiale netwerk hul meegevoel betuig en menings uitgespreek oor die tragiese voorval wat Brittanje getref het.

Die polisie meld dat die terroris tydens die tweede ontploffing ook omgekom het, maar hy kon nog nie geïdentifiseer word nie.

Intussen het die polisie ’n 23 jarige man in hegtenis geneem wat verdink word van medepligtige betrokkenheid by die ontploffings.