Direkte Buitelandse Beleggingsindeks verbeter

Suid-Afrika het uiteindelik weer sedert 2014 ʼn plek bekom op die Direkte Buitelandse Beleggingsindeks, alhoewel net-net in die laagste plek van 25-ste uit 25 lande. In 2014 het die land die 13-de plek beklee.

Die VSA behou die eerste plek vir die afgelope drie jaar. Duitsland se posisies vanaf 2015 tot 2017 is onderskeidelik 5-de, 4-de en 2-de. China se plasings vir die afgelope drie jaar is 2-de, 2-de en tans 3-de; Brittanje 3-de, 5-de en 4-de.

Die posisies van 5-de tot 10-de vir lande wat aantreklik is vir buitelandse investering word onderskeidelik beklee deur Kanada, Japan, Frankryk, Indië, Australië en Singapoer.

Die indeks meet onder andere:

  • Buitelandse batebeperkings
  • Toelatingsbeoordeling en –meganismes
  • Beperking op indiensneming van buitelandse sleutelpersoneel
  • Operasionele beperkings op o.a. kapitaaluitvloei en grondbesitregte