Die koning leef lekker

Koning Goodwill Zwelithini is na bewering besig om naby Nongoma in Natal ‘n kompleks op te rig wat nou reeds meer as R1 miljard kan kos. Dit is agt keer meer as die R129 miljoen waarvoor begroot is.

Die koning leef lekker aangesien hy die laaste tien jaar meer as R 550 miljoen ontvang het om sy huishouding aan die gang te hou.

Daar word nou ondersoek ingestel deur die departement van kuns en kultuur oor die projek en die klaarblyklik opgeblaaste pryse en tenders. Politieke ontleders meld dat hierdie skandaal Nkandla soos ‘n “sopkombuis” sal laat blyk.