DA beskerm korrupte amptenaar

Alhoewel hy reeds in ‘n hof skuldig bevind is aan bedrog, korrupsie, geldwassery en oortredings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet, is Marius Botha, Mosselbaai se hoof van finansies, steeds in sy pos.

Die DA beheer dié munisipaliteit, en dit wil nou voorkom of hulle Botha probeer beskerm ten spyte van die hofuitspraak, en die feit dat sy dienskontrak dit uitdruklik stel dat sy dienste beëindig sal word as hy skuldig bevind sou word aan ’n strafregtelike oortreding. Ten tye van sy aanstelling op 1 Desember 2014 was die saak teen hom reeds aan die gang.

Opposisiepartye eis dat Botha summier afgedank word, maar die munisipaliteit het Botha tot Dinsdag tyd gegee om redes aan te voer waarom die spesifieke klousule nie in werking gestel moet word nie en sal dan op ‘n volgende raadsvergadering bespreek word.

Vrae word gevra hoe die DA hom kon aanstel terwyl die saak teen hom reeds hangende was, en waarom hy steeds in sy pos is ten spyte van sy skuldigbevinding.