Cosatu verban Zuma

Cosatu se sentrale komitee het besluit om die leier van sy alliansievennoot, die ANC, nie toe te laat om enige toesprake tydens Cosatu-byeenkomste te lewer nie.

Jacob Zuma is verbied om die sentrale komitee of enige ander vergadering van Cosatu toe te spreek, en Cyril Ramaphosa is dan ook gevra om die sentrale komitee toe te spreek. Cosatu het ook bevestig dat hulle Ramaphosa se veldtog om Zuma op te volg, sal steun.