Broodjie vir onverwagte gaste

 

Kry u onverwags mense en daar is nie meer brood in die broodblik vir ‘n paar toebroodjies nie? Bak sommer vinnig hierdie volgende skonkaasbroodjie. Maklik met bestanddele wat in die koskas en yskas is.

 

Skonkaasbroodjie:

Bestanddele:

2 koppies koekmeelblom

4 teelepels bakpoeier

½ teelepel sout

2 koppies gerasperde cheddarkas

½ blikkie matige chakalaka

2 koppies melk

 

Metode

Verhit die oond tot 200ºC.

Meng alles, behalwe die chakalaka net lekker deur en skep in ‘n gesmeerde broodpannetjie.

Gooi chakalaka bo-oor die broodjie en bak vir 20 tot 25 minute tot gaar.

Laat afkoel in die pannetjie en keer uit op afkoelrakkie.

Sny en geniet met botter gesmeer.

 

Die broodjie is baie lekker saam met ‘n bordjie sop op ‘n koue wintersaand.