Britte verwag ’n bloedbad verkiesing

Die Britse Arbeiders Party staar ’n “parlementêre uitwissing” in die gesig met die vervroegde algemene verkiesing wat deur die premier afgekondig is.

Die vermoede bestaan dat die linkse Arbeiders Party van Jeremy Corbyn setels kan verloor wat reeds vir dekades vestings van die Arbeiders is.

Meningsvormers glo dat die strategie wat premier Theresa May volg om te konsentreer op die opposisie se kiesafdelings, kan lei tot ’n wins van soveel as 91 setels vir die Konserwatiewe Party.

Politieke ontleders sê dit kan ’n politieke “bloedbad” wees wat die Arbeiders Party nie sal oorleef nie, maar verskeie meningspeilings toon dat die Arbeiders wel groter steun gekry het in die afgelope week.

Die verkiesing wat op 8 Junie gehou word, kan nie net as ’n persoonlike oorwinning vir die Britse premier gesien word nie, maar ook ’n groter eendragtigheid om die uitdagings van Brexit saam aan te pak.

Die jongste peilings toon egter ook dat Arbeider parlementslede wat vir vier dekades hulle setel beman, nou ’n kans staan om die te verloor.

’n Konserwatiewe Party parlementslid het glo gesê die verkiesing gaan ’n bloedbad wees en die Arbeiders Party weet dit.

Foto – Jeremy Corbyn