Brandende bande in die Kaap

Die N2 tussen Macassar en die R300 was gisteroggend ontoeganklik vir verkeer nadat protesteerders met brandende bande die pad versper het.

Dienslewering en die gebrek aan elektrisiteit in die Khayelitsha area word as redes aangevoer vir die optrede.

Die gebied is die laaste tyd kort-kort in die nuus as gevolg van protesoptredes, en dit is die motoriste wat dit moet ontgeld wanneer paaie ontoeganklik gemaak word deur bandelose optredes.

Die Kaap word deur die DA beheer, maar daar word min gehoor van wat hulle planne is om die situasie meer bevredigend op te los as in ANC-beheerde gebiede wat onder dieselfde optrede deurloop.