BMW ondervind onderdele probleme

Die motorvervaardiger BMW, het produksie gestaak in Duitsland, Sjina en Suid Afrika weens ‘n tekort aan onderdele vir stuurmeganismes.

Dit sal klaarblyklik slegs vir een dag wees tot die onderdele weer beskikbaar sal wees.

‘n Ongeïdentifiseerde Italiaanse onderdele verskaffer kon nie die betrokke onderdele betyds aflewer nie.  Dit is veral die 1-Reeks en 4-Reeks modelle wat geraak word.