Binnekort TV-lisensie op jou loopfoon

Die SAUK se finansies is benard as gevolg van jare se wanbestuur en onnodige hofsake, en die ANC se His Master’s Voice is nou dringend op soek na geld.

Die besluit van die inmiddels afgedankte Hlaudi Motsoeneng dat die radio- en tv-stasies tussen 80 en 90 persent plaaslike kunstenaars moet gebruik, het gelei tot ;n vermindering in luisteraars- en kykersgetalle, wat weer aanleiding gegee het tot ‘n vermindering in advertensie inkomste.

Daar is ook erken dat steeds minder mense hulle lisensies hernu omdat hulle ontevrede is met die inhoud en openlike ANC-propaganda.

Nou word daar gekyk na ander wyses van fondsinsameling, en Jan Publiek word daarvoor geteiken.

SAUK se hoofuitvoerende beampte, James Aguma, het aan die parlement gemeld dat die uitsaaier nou kyk om lisensie gelde te hef op rekenaar-, selfoon- en tablet gebruikers.  Die rede is glo dat meer gebruikers TV seine opvang en dus TV inhoud kyk op rekenaars, selfone en tablette.