Besondere Malva nagereg

Ons hou almal van malva nagereg en hier volg ‘n Milo Malva nagereg vir die komende naweek. Bak en geniet dit terdeë.

Klits saam in mengbak:

250 ml suiker

20 ml botter

1 groot eier

Meng saam:

275 ml bruismeel

5 ml koeksoda

¼ tl sout

100 Milo

Meng nou:

250 ml melk

10 ml asyn

10 ml vanielje geursel

 

Meng al bogenoemde om die beurt met die meelmengsel by die eiermengsel in en meng goed.

Gooi in gesmeerde oondbak en bak by 180ºC vir 30 tot 40 minute tot gaar.

 

Terwyl nagereg bak, smelt die volgende bestanddele saam vir die sous:

100 gr blok milosjokolade

125 ml room

160 ml melk

30 ml botter

80 ml milopoeier

Hou stroop warm en gooi oor warm nagereg sodra dit uit die oond gehaal is. Bedien met roomys of tuisgemaakte vla.

Geniet hierdie uitsonderlike nagereg.