Balju maak binnelandse sake kantoor leeg

Mense wat hoop om in Nelspruit gehelp te word met identiteitsdokumente, geboortesertifikate of paspoorte, gaan erg teleurgesteld moet omdraai, omdat die kantoor van Binnelandse Sake leeg is.

Die keer is dit nie deur misdadigers geplunder nie, maar die balju het alle toerusting en meubels in twee vragte weggery. ‘n Kennisgewing op die deur sê dat die kantoor tot verdere kennisgewing gesluit is.

Die balju het in terme van ‘n beslagleggingsbevel opgetree.

Dit is tans nog nie seker vir wie die departement geld skuld nie, en die hoofkantoor in Pretoria sal blykbaar die situasie later verklaar.