ANC vaar vrot in tussenverkiesings

In munisipale tussenverkiesings wat die afgelope tyd plaasgevind het, het die ANC baie steun verloor, en in twee gevalle selfs hulle setels verloor.

In ‘n tussenverkiesing in Newcastle, Natal, het ‘n onafhanklike kandidaat wyk 23 met 43% van die stemme verower, terwyl die ANC, wat verlede jaar nog 64% van die stemme gekry het, met 42% van die stemme tevrede wees.

Nog ‘n onafhanklike kandidaat het die ANC in die Noord-Kaap uitgestof in die Dikgatlong-munisipaliteit. Daar het Mentley Bezuidenhout wyk 2 verower met 44,8% van die stemme, terwyl die ANC daar verlede jaar nog 54% van die stemme getrek het.  Hierdie keer moes die ANC selfs met ‘n vernederende derde plek (21,6%) tevrede wees omdat die DA met 32% die tweede plek gehaal het.

In nog ‘n verkiesing in Victor Khanye het die ANC weliswaar die wyl behou, maar sy steun het van 82,5% verlede jaar tot 57% gedaal.