ANC nie so demokraties nie

Nadat die ANC ‘n belangrike setel in die munisipale tussenverkiesing in Beaufort-Wes teen die DA verloor het, betwis hulle nou die uitslag en het hulle geëis dat daar weer gestem moet word, in die hoop dat hulle dan kan wen en die stadsraad beheer.

Die ANC het ’n klagte by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingedien in ‘n poging om die uitslag van die tussenverkiesing in wyk 7 ongeldig te laat verklaar.  Hulle beweer dat daar ongerymdhede was, dat die verkiesing nie vry en regverdig was nie en dat daar daarom oor gestem moet word.