Agterplaas bewoners pla regering

Huise sal nou opgerig word vir plakkers wat plak by inwoners in die informele nedersettings asook in die plaaslike gebiede.

Dertig persent van alle nuwe huise wat gebou gaan word sal geallokeer word om die agterplaas inwoners van huisvesting te voorsien. Dit aldus Lindiwe Sisulu die Minister van Menslike Hulpbronne tydens ‘n vergadering met die betogende klipgooiers aan die Rand

Sy sal ook die polisie versoek om al die persone wat gearresteer was tydens die protes gebeure vry te laat. 

Kommentators het verkillende menings geuiter oor die toedrag van sake, en sommige meen die beste manier om die regering te beweeg om aan jou eise te voldoen, is om klippe te gooi, bande te brand en eiendom te beskadig.