African Bank bly in moeilikheid

Nadat belastingbetalersgeld gebruik is om African bank van bankrotskap te red, blyk dit nou dat die instelling steeds in die moeilikheid is en sowat 650 werknemers sal moet afdank as hy enigsins wil oorleef.

Die staat het juis die geld bewillig om te keer dat die bank gelikwideer word en dat meer as 4 000 mense hulle werk verloor. Nou is steeds ‘n sesde van die arbeidsmag op pad uit.

Die saak is verwys na die Kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (KVBA).

African Bank Investments, die houermaatskappy van African Bank, is in Augustus 2014 deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) weens sy hoë skuldlas in kuratorskap geplaas.