12-jarige toe 16-jarige belhamel

Nadat die Wes-Transvaalse dorp Coligny miljoene rande se skade beloop het nadat barbaarse protesteerders gebreek, gebrand en gebuit het, blyk dit dat die “12-jarige” wat dood is, ‘n 16-jarige is.

Nadat daar meer as ‘n week gesoek is na iemand wat die kind kon uitken, het sy pa uiteindelik vorendag gekom en onthul dat hy die 16-jarige Matlhomola Mosweu is.

Mosweu was aangekeer deur boere nadat hy saam met ‘n vriend op heterdaad betrap is in ‘n sonneblomland waar hulle sonneblomme gesteel het. Die vriend het weggehardloop maar Mosweu is beveel om op ‘n bakkie te klim sodat hy na die polisie geneem kon word.

Onderweg het hy egter van ‘n bewegende bakkie afgespring en so sy eie lewe geneem. Die twee bestuurders van die bakkie is egter in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding in verband met die voorval.

Die feit dat daar meer as ‘n week gesukkel is om Mosweu uit te ken, laat die vermoede ontstaan dat hy ‘n tiener is wat van sy huis weggeloop het. Daarom dat sy ouers ook nie dadelik agtergekom het dat hy dood is nie.

Foto: Die verwoesting van Coligny