Zuma trek die leisels stywer

Soos Die Vryburger gisteroggend berig het, staan die ANC-leier, Jacob Zuma, steeds sterk, en is hy daarenteen dalk sterker as voorheen.

Die dokument wat per ongeluk vanaf die ANC se e-pos versend was, en wat hulle probeer afmaak het as “dis nie ons dokument nie”, was dus inderdaad wel hulle dokument, soos Die Vryburger uitgewys het.

Na die bohaai van ANC leiers oor Zuma se kabinetskommeling het die “stof” klaarblyklik gaan lê en is almal nou tevrede met die skuiwe en die nuwe ministers word sterkte toegewens, dit aldus ‘n verklaring wat uitgereik is na die ANC se ringkoppe vergader het. Selfs Gwede Mantashe was so mak soos ‘n lammetjie.

Daar is verder ooreengekom dat verskille in die party voortaan intern opgelos sal word en nie in die openbaar meer geopper sal word nie.