Zimbabwe verloor teen kommandowurm

Eers het die Mugabe regering sy voedseltekorte toegeskryf aan die ernstige droogte wat Afrika verlede jaar geteister het.

Toe kom die reën, en saam daarmee kom die kommandowurm, en Zimbabwe maak geen redelike plan om die pes te bestry nie, wat meebring dat die bevolking weereens hongersnood in die gesig staar.

Zimbabwe het oor ’n lang tydperk die blanke boere in die land van hulle grond verdryf, wat voedselsekerheid in gedrang gebring het, en wat in droogtejare sy ernstige gevolge laat op die bevolking van die land.

Nog die regering, nog die onbekwame boere van die land het gepoog om gifstof uit Suid-Afrika aan te koop om die oes te red, met die gevolg dat die verwagting is dat die land hoogstens 30% van sy normale produksie sal oes.

Landbou kenners wys daarop dat middels gespuit kon word wat uit Suid-Afrika bekombaar is om die oes te red, maar dit is nie gedoen nie, en gaan die land weereens bakhand laat staan vir voedselhulp.