Zille kry tugverhoor

Die verlinkse Helen Zille, Wes-Kaapse premier, gaan deur die DA, waarvan sy die vorige leier was, aan ‘n dissiplinêre verhoor onderwerp word.

Die aanleiding daartoe is dat sy op Twitter gesê het dat kolonialisme die voordeel gehad het dat dit infrastruktuur en ‘n goeie regstelsel nagelaat het.

Haar opvolger as leier, Mmusi Maimane, het haar daaroor gerepudieer en ‘n klagte teen haar aanhangig gemaak. Selfs Zille se onvoorwaardelike verskoning was nie vir Maimane genoeg nie.

Die tugverhoor kan moontlik hierdie week nog plaasvind.