Wittes gedreig by Hani dodeherdenking

Die stroom van rassisme teen wittes het weer dik gevloei tydens die herdenking van die kommunis Chris Hani se dood.

ANC-leier Jacob Zuma het die veelrassige betogings verlede Vrydag, beskryf as ‘n rassistiese aanslag en dat rassiste nie meer bang is om uitgevang te word nie. Hy het gesê dat van die wit landgenote swart mense verag.

Wat Zuma egter nie bereid was om te sê nie, het by dieselfde geleentheid gekom van die uitvoerende burgemeester van die Ekhuruleni munisipaliteit, Mzwandile Masina.  Dié het sover gegaan as om wittes kwalik bedek te dreig, deur te sê dat die regerende party wat deur die meerderheid ondersteun word, moeg daarvoor is om stil te bly wanneer hy aangeval word.  “Ons vra mooi, julle moet ophou om ons land te verdeel, want dié wat in 1995 by julle gestaan het, sal nie oor vyf jaar hier wees nie en indien julle so voortgaan, gaan dinge dalk oor die volgende vyf jaar baie rof raak.”

Hy het ook die bewering gemaak dat wit Suid-Afrikaners vir swart Suid-Afrikaners middelvinger te wys.  Hy sê dit is hoogtyd dat hierdie neiging van wit Suid-Afrikaners “om ons die middelvinger te gee omdat hulle ’n nuutgevonde selfvertroue gevind het tot ’n einde kom. Daar is geen ander plek ter wêreld waar 5 miljoen mense dink hulle kan oor 42 miljoen mense regeer nie.”

Waarnemers wys daarop dat beide Zuma en Masina besig is om die rassistiese klimaat teen die blankes op te laai, met die gevolg dat ‘n verhoging op aanvalle op blankes verwag kan word. Boonop is hulle feite ook verkeerd, aangesien daar meer swartes deelgeneem het aan die optogte teen Zuma, terwyl Suid-Afrika waarskynlik die enigste land ter wêreld is waar die swart meerderheidsregering hom deur rassistiese wetgewing beskerm teen die werkende wit minderheid.

Foto: Mzwandile Masina