Wes-Transvaalse dorpe die eerste slagoffers

Die dorpe Lichtenburg en Coligny in die  Wes Transvaal het  die afgelope dae die eerste slagoffers geword van die nuwe Suid Afrika en die Reënboog Utopia van Mandela en De Klerk.

Besighede is geplunder en Coligny  lyk soos ‘n oorlogsone waar blanke boere die woongebied bewaak teen plunderaars. Besighede is geplunder en ‘n blanke woonhuis is aan die brand gesteek.  Drie vragmotors is ook aan die brand gesteek. Boere en inwoners bewaak die gebied om verdere skade te voorkom.

In Lichtenburg, 30 kilometer daarvandaan, is die posisie nie beter nie nadat 30 000 hoenders doodgebrand het in ‘n trok terwyl ‘n polisie voertuig ook omgekeer is en ‘n polisie pantservoertuig aan die brand gesteek is.

VF+ se leier, dr. Pieter Groenewald, het Coligny besoek. Hy sê die bewering dat ‘n 12-jarige se dood die rede vir die opstand is, is net ‘n rookskerm vir die rassistiese optrede en geweld, en hy wys daarop dat dit opmerklik is dat veral die drankwinkels geplunder is.

Foto: ‘n Polisie Nyala brand op Coligny

(Sien ook ons Redaksioneel onder die opskrif: So lyk die nuwe Suid-Afrika)