Wêreld Nuusflitse – 3 April

VSA

Die rooi tien jaar oue Ferrari F430 koepee van president Donald Trump is onder die hamer vir $270,000 en sal waarskynlik deur entoesiaste opgeraap wil word.

 

Brittanje

Die skouer skuurdery tussen Brittanje en die Europese Unie het daartoe gelei dat die Britte se minister van buitelandse sake, Boris Johnson, gesê het Gibraltar is nie te koop nie, en bly Britse besit te midde van Spanje se begeertes.

 

Serwië

’n Presidentsverkiesing word in Serwië gehou, en die huidige eerste minister van die land, Aleksandar Vucic (47), blyk die gunsteling kandidaat te wees.