Wêreld Nuusflitse – 24 April

Irak

Honderde gesinne het uit die Irakse stad Mosoel gevlug nadat die weermag toegeslaan het op vestings van die Islamitiese Staat waartydens talle terroriste gedood is.

 

Griekeland

Kinders van onwettige immigrante verkoop hulle liggame aan smokkelaars om later geleentheid te kry sodat hulle na ander Europese lande kan verhuis om daar permanent te woon.

 

Turkye

Massa optogte word in Turkye gehou deur ondersteuners van opposisiepartye wat beweer dat hulle kiesers deur regeringslui en polisie geïntimideer is om “ja” te stem in die afgelope referendum.

 

Sirië

Amerikaanse troepe het in Sirië ’n aanval uitgevoer op ’n basis van die Islamitiese Staat en tydens die geveg die terroriste se bevelvoerder doodgeskiet.

 

Meksiko

Twee van die grootste dwelmbase in Meksiko wat reeds vir jare daarin geslaag het om die gereg te ontduik, is tydens ’n hewige geveg met die federale magte doodgeskiet deur polisiebeamptes.