VSA vonnis Russiese kraker

Die seun van ’n Russiese parlementslid is in die Amerikaanse stad Seattle se hoogste hof veroordeel tot 27 jaar tronkstraf vir sy betrokkenheid in die onwettige inmenging van die Amerikaanse rekenaarbedryf.

Dit is die eerste keer dat ’n kraker so swaar gestraf word in Amerika, toe die 32-jarige Roman Seleznev deur ’n jurie skuldig bevind is aan inbreek van rekenaars in winkels en selfs diefstal gepleeg het van kredietkaart gegewens.

Die jurie het bevind dat die man se inmenging en diefstal, die Amerikaanse bedrywe ’n verlies van sowat 169 miljoen dollar gekos het.

Rusland beweer die arrestasie van Roman Seleznev was onwettig en het hul kritiek gelewer op die straf.

Die vermoede bestaan dat die advokaat van die beskuldigde die saak op appèl sal neem “aangesien sy arrestasie onwettig was”.

Volgens die openbare aanklaer het Seleznev vanaf 2009 tot 2013 kredietkaart besonderhede van meer as 500 Amerikaanse bedrywe verskuif na ander rekenaar bedieners in Rusland en die Oekraïne.

Verskeie klagtes moet nog afgehandel word in die deelstaat Nevada waar hy aangekla is vir soortgelyke misdrywe.

Foto – Roman Seleznev