VSA Visepresident Pence besoek Australië

Visepresident Mike Pence van Amerika het tydens sy besoek die afgelope naweek aan Australië, gesê die Amerikaanse regering het groot waardering vir die regering van Australië se ferm standpunt oor onwettige immigrante.

Pence het gesê die Trump-administrasie sal die ooreenkoms steeds nakom wat vroeër tussen die twee lande aangegaan is.

Visepresident Pence sê Amerika sal die ooreenkoms nakom uit agting vir die jarelange bondgenootskap tussen die twee lande wat uiters belangrik is vir die Westerse beskawing.

Waarnemers meen dat visepresident Mike Pence se besoek aan Australië ten doel het om die skade te herstel in die verhouding wat deur president Donald Trump vroeër veroorsaak is toe hy na ’n Australiese besluit as “dom” verwys het.

Foto – Mike Pence en Malcolm Turnbull