Vinnige ete vir onverwagse gaste

Kry u onverwags Saterdag kuiermense en u moet dalk ‘n ligte ete voorsit? Hier volg ‘n vinnige Aspersietert en baie maklik om te maak.

 

Bestanddele:

1 rol klaarbereide brosdeeg

250 gr spekvleis, gesnipper

2 uie, gesnipper

1 x 410 gr blik aspersie slaaistukkies

250 ml gerasperde Cheddarkaas

2 eiers

250 ml volroommelk

3 ml sout

1 ml rooipeper

 

Metode:

Rol die brosdeeg dunner uit en voer ‘n tertbord daarmee uit.

Braai die spek en uie saam en laat afkoel.

Skep dit bo-op die tertkors.

Plaas die aspersies bo-op en strooi die kaas bo-oor.

Klits die eiers, melk, sout en rooipeper saam en giet oor die vulsel in die kors.

Bak die tert 45 minute by 180ºC.

 

Geniet die tert en die kuiergaste gaan gaande wees hieroor.