Venezuela in grootste krisis ooit

Wat beskou word as een van Venezuela se grootste politieke krisisse, het die land se hoogste hof beslis dat die mag van die Kongres gevries word.

Een van die senior lede van die Kongres het dit bestempel as die grootste krisis ooit, en bygevoeg dat dit ’n kaping van politieke mag is.

Venezuela het geleidelik in ’n baan van algehele diktatorskap beland deur die president wat toenemend meer mag uitgeoefen het terwyl die land in ’n ekonomiese wurggreep beland het weens die verlaagde olieprys.

Die uiters linkse president Nicolas Maduro het blykbaar sy greep verstewig nadat die nasionaliste moes hoor dat die Nasionale Vergadering, waar hulle die meerderheid is, se parlementariërs onwettig optree.

Die hofuitspraak lui onder meer dat die parlementariërs nie gehou het by ’n vorige reëling nie, en daarom word nie Kongres se bevoegdhede gevries tot latere kennisgewing.

Intussen sal die hooggeregshof bepaal hoe die regering tussentyds sal funksioneer, en kan dit beteken dat ’n tussentydse struktuur ingestel word om te verseker dat alles volgens wet verloop.

Ongeduldige en woedende opposisielede het ’n massa betoging gehou voor die parlementsgebou, en later met die polisie gebots nadat hulle die parlementsgebou aan die brand gesteek het.

Die gebeure is die jongste krisis tussen die verlinkse sosialiste regering en die opposisieparty wat reeds meer as ’n jaar lank oorhoops geraak het met mekaar, en verskeie hofsake veroorsaak het.

Die president voer soveel dikotiele magte uit dat Peru selfs besluit het om sy diplomatieke korps te onttrek uit Venezuela, en ander Suid-Amerikaanse state oorweeg soortgelyke optrede.

Foto – Die president en sy ondersteunende gevolg