Van Riebeeckdag herdenk

Verskeie herdenkingsgeleenthede vir Van Riebeeckdag vind steeds plaas.

6 April 1652 was die dag waarop Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het aan die Kaap, om ‘n verversingspos vir die Nederlands Oos-Indiese Kompanjie te stig.

Twee jaar later bevestig hy dat die verversingspos daar sal bly, en dat die roeping van die mense toe reeds wyer strek as om net voedsel aan verbygaande skepe te lewer.

Van Riebeeck lewer dan ook sy bekende gebed, wat deur baie ook as ‘n Gelofte gesien word.

Juis om daardie rede is daar vanaand enkele gedenkdienste wat plaasvind.

Die Verkennersbeweging van Krugersdorp hou ‘n diens om 19:00 by die Paardekraal Monument, en die AP Kerk in Standerton het om 18:00 ‘n herdenkingsdiens.